Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Peter de Villiers tevrede PDF Druk E-pos
Sondag, 08 Junie 2008

Springbok-afrigter Peter de Villiers sê hy is tevrede met die Springbokke se oorwinning van 43-17 gister in die eerste toets teen Wallis in Bloemfontein.

Hy het veral die kapteinskap van John Smit aangeprys. Volgens De Villiers is daar ‘n paar dinge waaraan gewerk sal moet word voor Saterdag se tweede toets soos die skrums wat deur Wallis oorheers is.Die Walliese afrigter, Warren Gatland, sê sy span se hanteerwerk en dissipline was nie op standaard nie en hulle vertoning was ‘n verleentheid.Hy sê Wallis is egter deur ‘n beter span geklop en die Springbokke was ‘n
tipiese fisieke Suidelike Halfrond-span. Suid-Afrika, wat rustyd met 22-10 voorgeloop het, het vier drieë gedruk teenoor die twee van Wallis.Losskakel Butch James het 23 punte aangeteken nadat hy met al sy skoppe pale toe suksesvol was.Hy is ook aangewys as speler van die wedstryd.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET