|
Kanadese groep kry groenlig Namibië |
|
|
|
|
Donderdag, 05 Junie 2008 |
|
Die maatskappy Forsys Metale wat in Toronto, Kanada, gesetel is, het goedkeuring gekry van Namibië se ministerie van Omgewingsake en Toerisme vir die omgewings-invloedsondersoek en omgewings-bestuursplan vir sy Valencia-uraanprojek in die land.
Mining Weekly berig dat Forsys, wat op die Kanadese en Namibiese aandelemark genoteer is, na verwagting in 2010 gaan begin met uraan-produksie. Valencia is geleë 35 kilometer wes van die hoofstad, Windhoek, in die omgewing van Rio Tinto se Rössing-myn. |