|
Zimbabwe boere sal nou weer tot 16 Julie vanjaar moet wag |
|
|
|
|
Donderdag, 29 Mei 2008 |
’n Internasionale hofsaak oor Zimbabwe se omstrede grondhervormingsbeleid is weer in Windhoek tot die 16de Julie uitgestel.
Vyf regters van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Tribunaal het besluit om Zimbabwe meer tyd te gee om op voorleggings te reageer wat deur 77 aansoekers ingedien is wat gedurende Maart tot die saak toegetree het. Oorblywende wit boere in Zimbabwe sê hulle loop sedert die land se verkiesings in Maart van voor af onder die regering deur. NuusFlits se korrespondent sê die Tribunaal het Zimbabwe tot die 18de van aanstaande maand gegee om dokumentasie af te handel wat oorspronklik op die 25ste van verlede maand by die hof ingedien moes word. |