|
Woensdag, 28 Mei 2008 |
|
Die Namibiese Mynwerkersvakbond het sy lede gemobiliseer vir ‘n landwye simpatie-staking met werkers by Anglo American se sinkmyn naby Rosh Pinah as die dooiepunt nie teen vandag opgeklaar kan word nie.
Die Namibiese Mynwerkersvakbond het sy lede gemobiliseer vir ‘n landwye simpatie-staking met werkers by Anglo American se sinkmyn naby Rosh Pinah as die dooiepunt nie teen vandag opgeklaar kan word nie. Die vakbond en mynbestuur vergader vandag met die land se minister van Arbeid, Immanuel Ngatjizeko, en Arbeids-kommissaris Bro-Mathew Shinguadja, om ‘n oplossing te probeer beding vir die staking by die myn wat nou reeds byna drie weke voortduur. Ons medewerker in Windhoek berig dat produksie by die grootste sinkmyn in Afrika feitlik glad nie geraak is deur die arbeidsoptrede nie. |