|
Schabir Shaik in waakeenheid |
|
|
|
|
Dinsdag, 27 Mei 2008 |
Die veroordeelde bedrieër en Durbanse sakeman, Schabir Shaik, is in die waakeenheid van die Durbanse Inkose Albert Luthuli-hospitaal opgeneem.
Sy broer, Mo, sê dit is weens hoë bloeddruk wat tot hartprobleme kan lei.Schabir Shaik is op die 1ste April in die hospitaal opgeneem en is steeds daar. Die voormalige finansiële raadgewer van die African National Congress-president, Jacob Zuma, is gedurende 2005 op twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. |