Meningsopname

Kan die Springbokke Saterdag wen?
 
Glo jy die stories oor aardverwarming?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Nog ongevalle in vreemdelingehaat geweld in Gauteng PDF Druk E-pos
Maandag, 19 Mei 2008

Volgens berigte is minstens 20 mense reeds gedood in xenofobiese aanvalle in Gauteng die afgelope week.

Volgens berigte is minstens 20 mense reeds gedood in xenofobiese aanvalle in Gauteng die afgelope week. Minstens 60 mense is beseer. Woordvoerder Govindsamy Mariemuthoo van die Gautengse polisie sê die geweld teen buitelandse burgers het oor die naweek van Alexandra, noordoos van Johannesburg, asook die Oos-Rand na Hillbrow, Jeppe, Cleveland en sentraal-Johannesburg versprei. Hy sê 200 mense is vir verskeie misdade, insluitend verkragting, roof en openbare geweld, in hegtenis geneem. Mariemuthoo sê daar is nog ‘n groot polisieteenwoordigheid in al die gebiede wat geraak word en versterkings sal ingeroep word indien nodig. Hy sê indien geweld vanoggend weer in die middestad uitbreek, sal pendelaars ingelig word oor watter roetes hulle moet vermy. Die Rooikruis sê intussen minstens drie-duisend mense is weens die geweld ontwortel. Woordvoerder Freedom Ngubeni sê die meeste van die buitelanders is vreesbevange. Hy het die publiek se hulp gevra met die verskaffing van kos, klere en komberse.

 

 
< Vorige   Volgende >

Suid-Afrika

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET