Windhoek en Namibië

Hello, you either have JavaScript turned off or an old version of Macromedia's Flash Player. Get the latest flash player.

Meningsopname

Het voedselpryse baie gestyg die afgelope ses maande?
 
Doen ons regering genoeg vir sport?
 

Wie is nou aanlyn

Ons het 11 gaste en 3 gebruikers op die webwerf
  • Kappa
  • Piet
  • Trudie

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.

Nuus Sindikaat

Kosmos 94.1 bootvaart van Kaapstad na Mosselbaai.

Kosmos 94.1 bied weer een van die mees onvergeetlike geleenthede vir vakansie aan. Dit is 'n vaart van drie dae op die Rapsody van 4 tot 8 Desember 2008.

Ons vlieg met Air Namibia na Kaapstad, slaap oor in die City Lodge op die waterfront, proe wyn by Groot Constantia en gaan aanboord vir die vaart van die jaar.

Dit kos N$ 8850.00 alles behalwe drankies ingesluit.

Skakel vir Jacques by 061-255985 as jy wil saamgaan.

Nog ongevalle in vreemdelingehaat geweld in Gauteng PDF Druk E-pos
Maandag, 19 Mei 2008

Volgens berigte is minstens 20 mense reeds gedood in xenofobiese aanvalle in Gauteng die afgelope week.

Volgens berigte is minstens 20 mense reeds gedood in xenofobiese aanvalle in Gauteng die afgelope week. Minstens 60 mense is beseer. Woordvoerder Govindsamy Mariemuthoo van die Gautengse polisie sê die geweld teen buitelandse burgers het oor die naweek van Alexandra, noordoos van Johannesburg, asook die Oos-Rand na Hillbrow, Jeppe, Cleveland en sentraal-Johannesburg versprei. Hy sê 200 mense is vir verskeie misdade, insluitend verkragting, roof en openbare geweld, in hegtenis geneem. Mariemuthoo sê daar is nog ‘n groot polisieteenwoordigheid in al die gebiede wat geraak word en versterkings sal ingeroep word indien nodig. Hy sê indien geweld vanoggend weer in die middestad uitbreek, sal pendelaars ingelig word oor watter roetes hulle moet vermy. Die Rooikruis sê intussen minstens drie-duisend mense is weens die geweld ontwortel. Woordvoerder Freedom Ngubeni sê die meeste van die buitelanders is vreesbevange. Hy het die publiek se hulp gevra met die verskaffing van kos, klere en komberse.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET