Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Rugby: PDF Druk E-pos
Sondag, 18 Mei 2008
 Die Sharks het gisteraand hul plek in die halfeindronde van die Super-14
bespreek deur die Chiefs op Nuweland in Durban met 47-25 af te ransel.

Die Sharks pak vandag hul tasse vir Australië waar hulle in die
halfeindronde teen die Waratahs sal speel.

Die Hurricanes sal in die ander halfeindronde wedstryd teen die Crusaders
speel.Die Waratahs het ná hul gespartel in Suid-Afrika gister in Brisbane
seker gemaak van die tweede plek in Vodacom se Super-14-kompetisie en speel
vir die eerste keer sedert 2005 gasheer in die halfeindronde.

Die Waratahs het die Reds met 18-11 geklop.

Die Reds was begeesterd maar het eenvoudig net nie genoeg skietgoed gehad om
Australië se beste span te troef nie.Die Blou Bulle het gister in
Bloemfontein  die Cheetahs in ‘n Super 14 wedstryd met 60-20 vermorsel.Die
Blou Bulle het rustyd  met 18-17 voorgeloop.

En op Ellispark het die Stormers sy Super 14 wedstryd teen die Lions met
22-13 gewen.

Die wedstryd is deur ‘n skare  van bykans 40-duisend bygewoon.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET