|
Aanvalle op buitelanders neem toe in Gauteng |
|
|
|
|
Sondag, 18 Mei 2008 |
Die aanvalle teen buitelanders wat vandeesweek in Alexandra noordoos van Johannesburg uitgebreek het, het gister ook na Thokoza en Tembisa aan die Oos-Rand versprei.
Ongeveer 300 buitelanders het skuiling by die Thokoza gemeenskapsaal gesoek nadat twee hutte afgebrand is terwyl vyftig ander beskerming by die plaaslike polisiestasie gesoek het. Drie mense is dood weens beserings wat hulle in die aanvalle opgedoen het terwyl sewe mense in hegtenis geneem is.In Tembisa is minstens vyftien hutte van buitelanders in xenofobiese aanvalle afgebrand. |