|
Ambassadeur maan oor verkiesingsgeweld in Zimbabwe |
|
|
|
|
Saterdag, 17 Mei 2008 |
Die Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe, James McGee, het gewaarsku dat na-verkiesingsgeweld besig is om buite beheer te raak.
Hy het aan die BBC gesê hy beskik oor geloofwaardige inligting van politiek gemotiveerde aanvalle op honderde ondersteuners van die opposisie MDC van Morgan Tsvangirai. Hy het gewaarsku dat die situasie dit onmoontlik maak dat die twee ronde presidensiële verkiesing op 27 Junie vry en regverdig sal wees. Tsvangirai het die eerste ronde gewen maar nie genoeg stemme gekry om ‘n uitklopverkiesing met pres. Robert Mugabe te vermy nie. |