| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: THE BEACH BOYS : Good Vibrations |
|
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na |
|
| Verdagte van Okahandja moorde verskyn in hof |
|
|
|
| Vrydag, 16 Mei 2008 | |
|
Een van die verdagtes wat verdink word van die moord op ‘n Russiese paar op ‘n kleinhoewe buite Okahandja, het vandag vlugtig in die magistraatshof op die dorp verskyn. Die verdagte is deur hofbeamptes as die 19 jarige Ruben Tjombe geidentifiseer. Tjombe se saak is tot Maandag uitgestel wanneer sy 21 jarige mede-beskuldigde saam met hom sal verskyn. Tjombe is in die Nau-Aib informele nedersetting buite Okahandja in hegtenis geneem, en sy 21 jarige mede-beskuldigde is in Otjibingwe gearresteer. Tjombe sal in aanhouding bly aangesien gen borg aan hom toegestaan is nie. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











