Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Zimbabwe gaan op 27 Junie weer stembus toe. PDF Druk E-pos
Vrydag, 16 Mei 2008
Die tweede ronde van Zimbabwe se presidentsverkiesing word op 27 Junie
gehou.

Dié aankondiging is deur die land se verkiesingskommissie gedoen.

Nie een van president Robert Mugabe of die leier van die Beweging vir
Demokratiese Verandering, Morgan Tsvangirai, het 'n volstrekte meerderheid
in die eerste ronde op 29 Maart behaal nie.

Intussen het Mugabe vanoggend op ‘n vergadering van sy Zanu-PF-party erken
dat sy nederlaag in die eerste ronde rampspoedig was.

Hy het gesê hoewel die verkiesing nie ‘n algehele wenner opgelewer het nie,
was dit rampspoedig.

Die Pan Afrika Parlement (PAP) het op die laaste dag van sy sitting in
Midrand gesê hy is gereed om nóg 'n waarnemersending na Zimbabwe te stuur.

Die president van die PAP, Gertrude Mongella, sê hulle probeer om geld te
kry om waarnemers na sewe komende verkiesings in Afrika te stuur.

Sy sê die doel is nie om die verkiesings te beoordeel nie, maar om die
proses van demokratiese verkiesings op die vasteland te bevorder.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET