|
Brandstof styg in Namibië |
|
|
|
|
Donderdag, 15 Mei 2008 |
|
Namibiërs betaal vanoggend meer vir brandstof en diesel sal vir die eerste keer meer as tien doller per liter kos.
Namibiërs betaal vanoggend meer vir brandstof en diesel sal vir die eerste keer meer as tien doller per liter kos. Petrol het net na middernag vannag met gemiddeld 44 sent per liter en diesel met 80 sent per liter gestyg. Dit is die vyfde brandstofprysverhoging vanjaar en volgens die departement van Myne en Energie moet Namibiërs hulle gereed maak vir nog stygings as die internasionale ru-olie-prys op dieselfde hoe vlakke bly. |