|
Brandstofprys pla Namibië |
|
|
|
|
Woensdag, 14 Mei 2008 |
|
Die Namibiese minister van Myne en Energie, Erkki Nghimtina het motoriste gemaan dat moeilike tye voorlê met die internasionale ru-olie-prys wat aanhou styg en dat hulle gereed moet wees vir nog prysstygings in die toekoms.
Die Namibiese minister van Myne en Energie, Erkki Nghimtina het motoriste gemaan dat moeilike tye voorlê met die internasionale ru-olie-prys wat aanhou styg en dat hulle gereed moet wees vir nog prysstygings in die toekoms. Hy het gepraat in die lig van die aankondiging van hoer brandstofpryse wat more in werking tree. Dit is die vyfde keer dat brandstofpryse die jaar styg. Namibiërs is egter volgens die minister nog beter af as hulle Suid Afrikaanse eweknieë. |