|
Donderdag, 08 Mei 2008 |
`n Aardbewing wat 6,8 op die Richterskaal gemeet het, het die hoofstad van Japan, Tokio, vanoggend geskud. Mense kon die skud sover as 160 km van Tokio voel.
Volgens die eerste berigte is geen mense in die voorval gedood nie. `n
Opvolgskudding wat 5,3 op die Richterskaal gemeet het, het sowat 30
minute na die oorspronklike skudding plaasgevind. Dit is `n normale
verskynsel na `n groot skudding.
Japan is een van die mees sensitiewe gebiede in die wêreld vir
aardskokke. In 1923 het 140 000 mense in `n aardskudding in die land
die lewe gelaat.
|