Die vervaardigers van die gewilde tv sepie, Egoli, het gerugte die nek ingeslaan dat die akteur Paul Buckby ernstig siek is en gesê hy is perdfris en gesond.
'n Suid-Afrikaans-ontwerpte en battery-aangedrewe passasiersmotor gaan vroeg aanstaande jaar bekendgestel word.Die aankondiging is deur die Suid Afrikaanse adjunk-minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom, gedoen.