Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Die volgende groep uitslae in die Zimbabwe verkiesing is bekendgemaak PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008
Die volgende groep uitslae in die Zimbabwe verkiesing is bekendgemaak en die MDC en ZANUPF het elk 19 setels verower. Die totale aantal setels wat bekend is is nou 38. Waarnemers het hulle verbasing uitgespreek dat beide partye presies dieselfde hoeveelheid setels verower het, en dit as eintlik n bietjie vreemd  bestempel.
 
Europese unie vra aksie met uitslae in Zimbabwe PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008
Die Europese Unie het n dringende beroep op die Zimbabwe regering gedoen om die uitslae so gou moontlik bekend te maak. Volgens n verklaring in Brussel moet die uitslae so spoedig moontlik bekendgemaak word om spanning in die land te voorkom.Volgens die EU verklaring begin Zimbabwiers en die buitewêreld al hoe meer dink daar is n geknoei deur die Mugabe-regering aan die gang. Slegs 24 uitslae is dusver ontvang.
 
Steeds “ kop aan kop” in Zimbabwe? PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008
Uitslae van 24 kiesafdelings is nou bekend in die Zimbabwe verkiesing en die MDC en ZANUPF loop steeds gelyk.Volgens Kosmos 94.1 het die Zimbabwe verkiesingskommissie die uitslae n rukkie gelede bekendgemaak. Joernaliste word volgens ons span nie  teoegelaat om vrae aan lede van die kommissie te stel nie. Joernaliste bevraagteken ook die feit dat die twee partye met elke uitslag presies dieselfde aantal kiesafdelings gewen het.
 
Die nasionale pad tussen Usakos en Swakopmund is erg beskadig PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008

Die nasionale pad tussen Usakos en Swakopmund is naby Vergenoeg erg deur n wolkbreuk verniel. Verkeer na die Namibiese kus moet van n omweg gebruik maak. Op die foto is die skade sigbaar.

Image
Skade op Pad tussen Usakos en Swakopmund

Image

Image

Image

Image

Image

 
MDC voel goed oor die verkiesingsuitslae PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008
Die MDC het sopas n nuuskonferensie in Harare gehou waar hulle die media ingelig het dat hulle baie goed gedoen het in  128 van die 210 kiesafdelings . Volgens hulle is hulle baie positief oor die verkiesingsuitslae dusver. Volgens die Sekretaris Generaal van die party Tondai Biti gaan die president van die MDC Morgan Tsvangerai  later vandag  die media toespreek in Harare. Tsvangerai is nog nie sedert Saterdag se verkiesing in die openbaar gesien nie.
 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>

Resultate 1 - 9 van 367

Suid-Afrika

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET