|
Krieketnuus: Verskeie rekords is gebreek tussen Suid Afrika en Bangladesh |
|
|
|
|
Vrydag, 29 Februarie 2008 |
|
Verskeie rekords is gebreek op die eerste dag van die tweede toets tussen Suid Afrika en Bangladesh. Graeme Smith het vanoggend die loot gewen en het sonder enige huiwering besluit dat Suid Afrika sal kolf, en teen uitskeityd het Suid Afrika se openings kolfpaar, Greame Smith en Neil MacKenzie, ‘n massiewe 405 sonder verlies aangeteken. Smith se 222 nie uit nie en MacKenzie se 169 nie uit nie is die hoogste aanvangsvennootskap teen Bangladesh en gee ook aan Graeme Smith die Suid Afrikaanse rekord van vier dubbele honderdtalle, en hy het in die proses 5000 lopies in toetskrieket verbygesteek. |
|
|
ANC se Hoofkwartier ontruim |
|
|
|
|
Vrydag, 29 Februarie 2008 |
|
Die ANC in Suid-Afrika se hoofkwartier, Luthuli Huis, is ontruim nadat ‘n man die ingang van die gebou aan die brand gesteek het. Daar word berig dat die man die gebou omstreeks 10h30 vanoggend betree het, petrol op die vloer uitgegooi het en dit toe aan die brand gesteek het. ANC sekuriteits-personeel het die vuur geblus en niemand is in die voorval beseer nie. Slegs geringe skade is aan die gebou aangerig. Die verdagte is ‘n hegtenis geneem deur die Johannesburgse Metro Polisie. |
|
|
Suid-Afrika se beroemde skrikkeldag-vyfling, die broers Neuhoff van Kempton Park verjaar vandag |
|
|
|
|
Vrydag, 29 Februarie 2008 |
|
Suid-Afrika se beroemde skrikkeldag-vyfling, die broers Neuhoff van Kempton Park, verjaar vandag amptelik die sesde keer – maar hulle word 28 jaar oud. Die vyf broers – Marius, Heinrich, Francois, Hendrik en Pieter – is op skrikkeldag 1980 in ’n hospitaal in Kempton Park gebore. Hulle het destyds wêreldwyd nuus gemaak omdat hulle die enigste vyfling was wat op skrikkeldag gebore is, die enigste lewende vyfling in Suid-Afrika was en die enigste vyfling was wat net uit seuns bestaan het. Hulle het nog net ses keer verjaar, omdat 2000 nie ’n skrikkeljaar was nie. Vandag word die vyf 28 en is yslike groot mans – baie ver verwyderd van die swak babas in broeikaste pas ná hul geboorte. |
|
|
Vrydag, 29 Februarie 2008 |
|
Oliepryse in New York het die eerste keer tot hoër as 102 dollar per vat gestyg. In London het die prys van Brent Noordsee-olie vir lewering in April gisteraand tot 100 dollar 12 sent per vat gestyg. Die hoë oliepryse het veroorsaak dat die goudprys ook tot ‘n nuwe rekord van 970 dollar per fynons gestyg het. Ander faktore wat die goudprys opgejaag het, is die swak dollar en toenemende kommer dat die Amerikaanse ekonomie besig is om in ‘n resessie in te gly. |
|
|
Jurie Els het sy stilswye gebreek |
|
|
|
|
Vrydag, 29 Februarie 2008 |
|
Jurie Els het die stilswye verbreek oor die bewerings van seksuele teistering wat deur Robby Klay teen hom gemaak is. Volgens be-edigde hofstukke wat deur Els by die Kaapse Hoogeregshof ingedien is is dit alles leuens. Volgens Els skroom Klay nie om te lieg nie. Els beweer verder, dat toe hy Klay ontmoet het hy bednatmaakprobleme gehad het, en die probleem voortgeduur het tot Klay 14 was. Dit was volgens Els die rede waarom Klay by hom in die bed geslaap het as hulle op toer gaan aangesien hy sy bed benat het. Daar het nooit volgens Els iets onbehoorliks tussen hulle gebeur nie. Els het volgens berigte n blits besoek aan Suid Afrika gebring, maar is weer terug in Nieu Seeland waar hy en sy vrou Hestrie en hulle dogtertjie nou woon. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 1 - 9 van 62 |