|
|
Die rentekoers in Suid Afrika bly onveranderd |
|
|
|
|
Donderdag, 31 Januarie 2008 |
|
Die Suid Afrikaanse Reserwebank het uitleenkoerse onveranderd gaan laat ten spyte van die jongste styging in verbruikersprys-inflasie. Dit is die eerste keer sedert Junie 2006 dat die uitleenkoerse onveranderd gelaat is. |
|
|
Leiers van die Afrika-Unie vergader vandag |
|
|
|
|
Donderdag, 31 Januarie 2008 |
|
Leiers van die Afrika-Unie vergader vandag in die Ethiopiese hoofstad , Addis Abeba, vir die organisasie se tiende jaarlikse beraad.Die na-verkiesingsgeweld in Kenia sal na verwagting tydens die beraad bespreek word. Die beraad word deur president Thabo Mbeki bygewoon. |
|
|
Woensdag, 30 Januarie 2008 |
|
Springbokslot Victor Matfield gaan feitlik seker nie vanjaar Super 14-rugby speel nie. Daar word berig dat die kanse nou baie skraal is dat hy onthef gaan word van sy kontrak met die Franse klub Toulon. Die nuwe Springbokafrigter, Peter de Villiers, het tydens ‘n besoek aan Matfield se Suid-Afrikaanse span, die Bulls, gesê hy gaan nie versoek dat Matfield vrygestel word wanneer hy volgende week met Toulon se administrateurs vergader nie. Hy sê so ‘n versoek sal finansiële gevolge hê en daar is nie geld om die Bok-ster uit te koop nie. |
|
|
Woensdag, 30 Januarie 2008 |
|
Die Ford-motormaatskappy van Suider-Afrika het ’n belegging van ‘n half miljard rand aangekondig vir die vervaardiging van ‘n nuwe reeks bakkies in Pretoria en enjins in Port Elizabeth. Die belegging sal ‘n bykomende 40-duisend voertuie tot die maatskappy se jaarlikse uitset voeg. Daar word berig dat die belegging bekommernis oor Ford se verbintenis tot sy Suid-Afrikaanse betrokkenheid ter ruste lê. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 1 - 9 van 43 |