Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
'n Britse vlieënier is in Harare in hegtenis geneem PDF Druk E-pos
Dinsdag, 25 Maart 2008

'n Britse vlieënier van ‘n Suid-Afrikaanse helikoptermaatskappy wat veronderstel was om die Zimbabwiese presidentskandidaat, Simba Makoni, per helikopter te vervoer, is in Harare in hegtenis geneem. Brent Smythe is vanoggend aangekeer en na die Harare-polisiestasie geneem.  Die redes vir sy arrestasie is nie bekend nie. Die 28-jarige Smythe is in Zimbabwe op 'n tweedaagse werkbesoek waartydens hy Makoni na verskeie verkiesingsaamtrekke sou vlieg in aanloop tot Saterdag se algemene verkiesing.

 

 
President Robert Mugabe van Zimbabwe sê kerke in die land moet ge-Afrikaniseer word PDF Druk E-pos
Dinsdag, 25 Maart 2008
President Robert Mugabe van Zimbabwe sê kerke in die land moet ge-Afrikaniseer en deur Afrikane bedryf word. Volgens die staatsbeheerde Herald-koerant het hy die naweek aan lede van die Apostoliese kerk in Bulawayo gesê Zimbabwiërs moet aan die hoof van die ou en nuwe kerke in die land staan. Sy uitlatings kom ná skerp kritiek van die kerke in Zimbabwe in die aanloop tot die naweek se presidents- en parlementêre verkiesing. Ondanks die feit dat baie blankes die land verlaat is, is daar nog baie wit pastore, kerklikes en sendelinge wat in Zimbabwe werk.
 
Rugbynuus: Pierre Spies terug in die Bulls-span PDF Druk E-pos
Dinsdag, 25 Maart 2008
Pierre Spies is ingesluit in die beginspan van die Bulls vir Saterdag se Super 14-wedstryd teen die Blues in Auckland. Hy het hom by die span aangesluit. Die Bulls het tot dusver nog net twee van hulle ses wedstryde gewen en is in die elfde plek op die punteleer met agt punte.
 
Ontploffings en geweervuur in Anjouan PDF Druk E-pos
Dinsdag, 25 Maart 2008

Ontploffings en geweervuur is gehoor op die rebelle-eiland  Anjouan in die Comore-eilandgroep waar troepe van die Afrika Unie vroeër met skepe in die baai aangekom het. Anjouan se rebelleleier, Kolonel Mohamed Bacar, het honderde paramilitêre lede ontplooi om die AU-troepe in te wag. Die Federale regering van die Comore erken nie die herverkiesing van Bacar nie. Die president van die Comore, Mohamed Sambi, het sy weermag beveel om die AU-soldate te steun. Die AU-troepe word bygestaan deur soldate van Tanzanië en die Soedan.

Vlag van Comore Eiland

 
Brandstof-pyplyn tussen Suid Afrika en Mosambiek PDF Druk E-pos
Dinsdag, 25 Maart 2008
Bouwerk aan 'n brandstof-pyplyn van 450 kilometer om petroleumprodukte van Mosambiek na Suid-Afrika te vervoer, sal in September begin. Mosambiek se energie-minister, Salvador Namburete, het aan 'n dagblad gesê die Petroline-pyplyn van 500 miljoen Amerikaanse dollar sal die vermoë hê om vyf-miljoen kubieke meter petroleumprodukte van Mosambiek se Matola-terminaal in Maputo na Suid-Afrika te vervoer. Hy sê die pyplyn wat teen 2011 in bedryf sal wees sal tydbesparend wees en ook die diefstal van petroleumprodukte verminder.
 
<< Eerste < Vorige 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Volgende > Laaste >>

Resultate 91 - 99 van 367

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET