Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Tennis: Die veteraan, Lindsay Davenport van Amerika gee verrassing. PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008

Tennis: Die veteraan, Lindsay Davenport van Amerika, het vir ‘n groot verrassing gesorg toe sy die tweede gekeurde Ana Ivanovic van Serwië in die derde ronde van die Miami-meesters uitgeskakel het.

Nog een van die top gekeurdes, Daniela Hantuchova van Slowakye, wat sewende gekeur was, is deur die ongekeurde Ai Sugiyama van Japan geklop. In die derde ronde van die mans-enkelspel is Kevin Anderson van Suid-Afrika in drie stelle deur Igor Andreev van Rusland uitgeskakel.

 
Finansiële nuus: Die rand verhandel op agt rand 12 sent teenoor die dollar PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008

 Finansiële nuus:  Die rand verhandel op agt rand 12 sent teenoor die dollar, op 16 rand 13 sent teenoor die pond en op 12 rand 84 sent teenoor die euro.

Goud het kort gelede verhandel op 938 dollar 25 sent per fynons.
Die jongste prys van Brent Noordsee-olie is 103 dollar 31 sent per vat.

 
Zimbabwe uitslae kom stadig in. PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008

Die uitslae van die verkiesing in Zimbabwe word maar drups gewys ontvang en slegs ses uitslae van die 210 is reeds ontvang.

Die MDC hou binnekort n nuuskonefernsie in een van die hotelle in Harare. Intussen wag Zimbabwe volgens Kosmos 94.1 se spesiale span in Harare op die finale uitslag.Wanneer dit bekend gemaak sal word is nie heeltemal seker nie.

 
Zanu PF en MDC gelykop met eerste uitslae dusver. PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008
Volgens die eerste ses uitslae wat vanoggend bekend gemaak is, loop die MDC en ZANUPF gelykop met drie setels elk. Dit is baie vroeg om enige gevolgtrekkings te maak van die finale uitslag. Volgens Kosmos 94.1 se span in Harare is swaar gewapende veiligheidsmaglede in die strate van die stad ontplooi.
 
Vroë aansprake tot oorwining in Zim word gesien as staatsgreep poging. PDF Druk E-pos
Maandag, 31 Maart 2008

Terwyl die planeet wag op die finale uitslae in die Zimbabwe verkiesing het President Robert Mugabe van Zimbabwe gesê dat voortydige aansprake op ’n opposisie-oorwinning as ’n poging tot ’n staatsgreep teen hom gesien sal word.

Dit volg nadat die hoof opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering- die MDC- gesê het vroeë uitslae dui daarop dat hy Mugabe se Zanu-PF geklop het.

 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>

Resultate 10 - 18 van 367

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET