|
Krieketnuus: Paul Harris en Hashim Amla, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span teen Bangladesj |
|
|
|
|
Donderdag, 28 Februarie 2008 |
|
Die draaibalbouler, Paul Harris, en die kolwer, Hashim Amla, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span vir die drie eendagwedstryde teen Bangladesj. Harris het van 'n operasie herstel wat hom uit die huidige toetssreeks in Bangladesj gehou het. Jacques Kallis, Mark Boucher en Makhaya Ntini is uit die eendagspan weggelaat sodat hulle vir die toer na Indië kan rus. |
|
|
BHP Billiton voer onderhandelings met Eskom |
|
|
|
|
Donderdag, 28 Februarie 2008 |
|
Die wêreld se grootste myngroep, BHP Billiton, sê hy voer onderhandelinge met Eskom om werksaamhede by sy aluminium-aanlegte in Suider-Afrika weens die huidige elektrisiteitskrisis lewensvatbaar te probeer hou. 'n Woordvoerder van die myngroep, Bronwyn Wilkinson, sê dis onveilig om sy drie smelterye met verminderde krag te bedryf. Eskom het Suid-Afrikaanse mynmaatskappye verlede maand opdrag gegee om hulle kragverbruik met tien persent te verminder om kragonderbrekings te keer. |
|
|
Ontsetelde Thaise Eerste Minister is borgtog toegestaan |
|
|
|
|
Donderdag, 28 Februarie 2008 |
|
Die ontsetelde Thaise Eerste Minister, Thaksin Shinawatra, is borgtog toegestaan deur die Hoogeregshof in Thailand op korrupsie klagtes, maar is beopdrag om nie die land sonder die hof se toestemming te verlaat nie.
Thaksin is op borgtog van 250 000 Amerikaanse Dollar vrygelaat na ‘n verhoor wat 20 minute geduur het. Hy word ook verhoed om aan enige aktiwiteite deel te neem wat die amptelike ondersoek kan belemmer. |
|
|
Universiteit van die Vrystaat gee prokureurs opdrag |
|
|
|
|
Donderdag, 28 Februarie 2008 |
|
Volgens'n verklaring van die Universiteit van die Vrystaat het hulle hulle prokureurs opdrag gekry om kriminele klagtes teen die studente betrokke by die vervaardiging van die rassistiese video te lê.Twee van die studente van die Reitzkoshuis waar die video gemaak is, is verbied om op die kampus te kom. Die ander twee het sedert die maak van die video in September verlede jaar hulle studies voltooi en is nie meer aan die Universiteit verbonde nie, aldus die woordvoerder van die Universiteit van die Vrystaat, Anton Fisher. |
|
Lees verder...
|
|
|
Robbie Klay het 'n klag ingedien |
|
|
|
|
Donderdag, 28 Februarie 2008 |
|
Die Pretoriase sanger Robbie Klay het ‘n klagte by die polisie ingedien oor ‘n oom wat hom na bewering sewe jaar lank seksueel misbruik het. Die bekende sanger Jurie Els het onlangs ‘n hofinterdik teen Huisgenoot en You verkry oor ‘n artikel in die twee tydskrifte waarin Klay oor die beweerde molestering uitwei. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 10 - 18 van 62 |