|
Die verbruikersprysindeks-syfer hou slegte nuus in vir Suid Afrikaners |
|
|
|
|
Woensdag, 23 April 2008 |
|
Die jongste verbruikersprysindeks-syfer hou slegte nuus in vir verbruikers en beleggers nadat Statistiek Suid-Afrika bekendgemaak het dat die VPIX in Maart op 'n jaargrondslag tot tien-komma-een-perent gestyg het. Dié syfer was nege-komma-vier-persent in Februarie en is hoër as ekonome se voorspelde syfer van nege-komma-sewe-persent. Dié syfer, wat rentekoerse op huisverbande uitsluit, is nie goeie nuus vir uitleenkoerse nie en sal 'n goeie aanduiding wees of die Reserwebank rentekoerse verder gaan verhoog. Vroeër het ekonome die vrees uitgespreek dat Suid-Afrika moontlik binnekort weer 'n dubbelsyfer-inflasiekoers kan hê soos in die tagtigerjare. |
|
|
Suid Afrika deporteer Zimbabwiërs |
|
|
|
|
Woensdag, 23 April 2008 |
|
Meer as seweduisend onwettige Zimbabwiese immigrante is sedert die verkiesing op 29 Maart uit Suid-Afrika gedeporteer. ‘n Britse nie-regeringsorganisasie- Save the Children- sê die aantal enkellopende Zimbabwiese kinders wat na Suid-Afrika kom, het die afgelope drie weke aansienlik toegeneem. Die organisasie, wat ‘n kantoor op Musina het, voorsien die kinders van komberse en kos maar kan hulle nie huisves nie. |
|
|
Mugabe wen eerste kiesafdeling in oortellery |
|
|
|
|
Woensdag, 23 April 2008 |
|
President Robert Mugabe se ZANU PF party het die eerste van die 23 kiesafdelings gewen waarin stemme oorgetel word na verlede maand se verkiesing in Zimbabwe. Dié setel is een van twee wat aanvanklik ook deur Zanu-PF gewen is, maar waarin stemme op versoek van die MDC oorgetel word. Die meeste van die hertellings is deur ZANU PF aangevra in kiesafdelings wat die MDC in die afgelope verkiesing gewen het. Daar bestaan wydskaalse agterdog oor die hertellery proses aangesien tekens gevind is dat daar met stembusse gepeuter is. |
|
|
Polisie soek na twee verdagtes in Suid Afrika |
|
|
|
|
Woensdag, 23 April 2008 |
|
Die Wes-Kaapse polisie soek na twee verdagtes in verband met die skietdood van ‘n lektor van die Universiteit van Kaapstad. Professor Kevin Rochford is gisteraand buite sy huis in Mowbray deur twee mans genader en trompop in die bors geskiet. Hy is op die toneel oorlede. ‘n Polisiewoordsvoerder sê die professor is nie beroof nie. |
|
|
Brandstofprysstyging vir Suid Afrikaners |
|
|
|
|
Woensdag, 23 April 2008 |
|
Suid-Afrikaners staar opnuut 'n prysskok in die gesig te midde van 'n groot moontlikheid van nóg 'n brandstofprysstyging in Mei weens rekord-hoë oliepryse. Ekonome voorspel dat petrol met minstens 30-sent per liter sal styg, wat beteken dat petrol vanjaar reeds met een-rand-75-sent geklim het. 'n Verdere skok wag moontlik weer op dieselverbruikers wat dié keer 'n styging van 50-sent per liter kan verwag. Dit sal die dieselprys tot bó 10-rand per liter opstoot. Paraffien gaan waarskynlik ook weer skerp styg, met 'n verdere 55-sent per liter. As gevolg van die vakansiedae op die 1ste en 2de Mei, word 'n aankondiging hieroor aanstaande Woensdag op die 30ste April verwag. Intussen sal verbruikers en beleggers waarskynlik vandag 'n aanduiding kry of die Reserwebank rentekoerse verder gaan verhoog, wanneer die Maart-inflasiesyfers deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak word. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 82 - 90 van 439 |