Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Grond tribunaal in Windhoek PDF Druk E-pos
Woensdag, 26 Maart 2008
Die Suider Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap se grond tribunaal het 'n aansoek aangehoor waarin 78 grondeienaars hul sake teen die Zimbabwiese regering wil saamsnoer.  Die grondeienaars vra ook dat die tribunaal hul toestemming gee om op hul plase te bly totdat hul sake afgehandel word.  Die grondtribunaal sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer.  
 
Spanning op Comore-eilande PDF Druk E-pos
Woensdag, 26 Maart 2008

Soldate van die Afrika-unie en die Comore-eilandgroep fynkam Anjouan-eiland op soek na die self-aangestelde rebelleleier, Mohamed Bacar. Dit volg nadat een-duisend-400 soldate van die Comore, Tanzanië en Soedan gister die eiland binnegeval het. ‘n Woordvoerder van Comore se leër het vroeër gesê Bacar is opgespoor nadat sy presidensiële paleis naby die hoofstad, Mutsamudu, gister verlate gevind is.

 

 
Drie mense het vermoedelik kongo-koors PDF Druk E-pos
Woensdag, 26 Maart 2008

Nog drie mense van Bloemfontein, wat vermoedelik Kongo-koors opgedoen het, is in afsondering in die Bloemfontein-Medi-Clinic geplaas.  Woordvoerder Amanda Appelgryn sê hulle is moontlik met die Kongokoors-virus besmet nadat hulle met die bloed van die 64-jarige Steve Fouché, wat Saterdag met die siekte gediagnoseer is, gewerk het. Bloedmonsters van hulle is vir toetse na die Instituut vir Virologie in Johannesburg gestuur. Fouché is intussen in 'n kritieke toestand na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas

 

 
Amerika glo nie verkiesing in Zimbabwe gaan reverdig wees nie PDF Druk E-pos
Woensdag, 26 Maart 2008
Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sê die uitslag van die Zimbabwiese verkiesing, wat Saterdag plaasvind, sal waarskynlik nié die wil van kiesers weerspieël nie. 'n Woordvoerder, Sean McCormack, sê Zimbabwe kan 'n moeilike politieke tyd in die gesig staar as die uitslag omstrede is. Zimbabwe se president, Robert Mugabe kom te staan teen die opposisie-leier, Morgan Tsvangirai, en 'n voormalige minister van finansies, Simba Makoni.
 
Amnestie Internasionaal sê ondersteuners van opposisiepartye in Zimbabwe word geteister PDF Druk E-pos
Woensdag, 26 Maart 2008

Amnestie Internasionaal sê ondersteuners van opposisiepartye in Zimbabwe word deur die veiligheidsmagte en amptenare wat lojaal teenoor president Robert Mugabe is, geteister.
Die menseregtegroep wat in Londen gesetel is, sê in ‘n verslag wat vanoggend openbaar gemaak is, ondersteuners word byvoorbeeld toegang tot noodkosvoorrade ontsê weens hulle politieke affiliasies. Hulle word ook by politieke saamtrekke aangekeer en gedwing om verkiesingsplakkate van die opposisie te verwyder. Amnestie-navorser Simeon Mawanza sê hulle ontvang steeds inligting oor intimidasie, teistering en geweld teenoor opposisie-ondersteuners.

 

 

 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>

Resultate 82 - 90 van 367

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET