|
Donderdag, 24 April 2008 |
Byna twee miljoen Suid-Afrikaanse kinders het verlede jaar een of ander vorm van geweld op skool beleef. Die skoksyfer kom uit `n verslag van die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming wat gister vrygestel is.
Volgens die verslag het geweld onder kinders `n leefwyse geword en word dit in die samelewing genormaliseer. Blykbaar is dit nie net ernstiger voorvalle van geweld soos messtekery en skietvoorvalle wat die probleem is nie.
Van die 13 000 leerlinge wat by die studie betrek is, het 12,8% dreigemente van geweld aanvaar. 5,8% is fisiek aangeval en 4,6% was slagoffers van diefstal.
|
|
|
Regering van Nasionale Eenheid vir Zimbabwe? |
|
|
|
|
Donderdag, 24 April 2008 |
|
Die MDC het die beginsel van `n regering van nasionale eenheid (RNE) aanvaar. Dit was die Zimbabwiese opposisie, die MDC, se reaksie op `n berig in die regeringskoerant, The Herald, dat `n regering van nasionale eenheid dalk `n oplossing kan bied vir die politieke krisis in die land.
Die voorstel wat in The Herald gemaak was, is dat so `n regering onder die leiding van Robert Mugabe gevorm moet word. Die MDC se reaksie was dat hulle te vind is vir so `n regering op voorwaarde dat Robert Mugabe nie deel daarvan uitmaak nie.
`n Regering van nasionale eenheid het vroeer vanjaar in Kenia politieke stabiliteit gebring nadat onluste daar uitgebreek het. In Suid-Afrika was daar ook aanvanklik na die 1994-verkiesing `n regering van nasionale eenheid.
|
|
|
SA grens met Zimbabwe `n sif |
|
|
|
|
Donderdag, 24 April 2008 |
Meer mense uit Zimbabwe stroom sedert die verkiesing oor die grens na Suid-Afrika. Volgens die Suid-Afrikaanse weermag is 1 780 Zimbabwiërs wat die land onwettig probeer inkom het reeds gedurende April aangekeer.
Volgens die weermag gee die syfers slegs die mense wat aangekeer is en nie die wat daarin geslaag het om deur die net te glip nie.
Die Limpopo-grens is die laaste Suid-Afrikaanse grens wat nog deur die weermag beveilig word. Volgens beplanning sal die weermag in Maart 2009 ook hier onttrek word en deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisie vervang word. Die polisie het beman reeds die Suid-Afrikaanse grense met Mosambiek, Lesotho en Swaziland. Vir die doel is 3 000 lede nodig. Tans is daar net 250 ontplooi.
|
|
|
Olimpiese vlam veilig deu Aus |
|
|
|
|
Donderdag, 24 April 2008 |
Die besoek van die Olimpiese vlam aan die Australiese hoofstad Canberra het relatief vreedsaam verloop. Australiese polisie het net nodig gehad om vyf mense gedurende die seremonie in hegtenis te neem.
Pro- en anti-Sjinese betogers het hoofsaaklik ordelik betoog tydens die fakkelloop waaraan 80 atlete deelgeneem het. Die pro-Sjinese betogers het meestal bestaan uit Sjinese studente wat tans in Australië studeer. Die beroemde Australiese swemmer Ian Thorpe het die laaste been van die fakkelloop waargeneem.
In Sydney het lede van die Tibet-raad laser strale gebruik om anti-Sjinese slagspreuke teen die beroemde Sydney-brug se kante uit te flits.
|
|
|
Olimpiese vlam in Australië beskerm |
|
|
|
|
Donderdag, 24 April 2008 |
|
Die Olimpiese vlam het gister in Australië aangekom en is vinnig na 'n onbekende bestemming geneem om moeilikheid met anti-Chinese betogers te voorkom. Meterhoë heinings is opgerig langs die roete waarop 80 hardlopers die vlam vandag deur die Australiese hoofstad, Canberra, sal dra. Honderde polisielede is aan diens om te voorkom dat onderbrekings soos wat in Londen en Parys plaasgevind het, nie herhaal word nie. In Canberra het sowat 150 ondersteuners van Tibet 'n nagwaak buite die Chinese ambassade gehou en "Bevry Tibet" met kerse uitgespel. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 73 - 81 van 439 |