|
Krieketnuus: Suid Afrika het begin kolf op dag twee |
|
|
|
|
Donderdag, 27 Maart 2008 |
|
Suid-Afrika het pas sy eerste beurt op dag twee van die eerste toets teen Indië in Chennai op 304 vir vier voortgesit. Hashim Amla is op 85 nie uit nie en AB de Villiers op 10. |
|
|
Minstens 27 mense is dood in Amerika |
|
|
|
|
Donderdag, 27 Maart 2008 |
|
Minstens 27 mense is in Honduras in sentraal-Amerika dood toe 'n bus 500 meter ver teen 'n afgrond afgestort het. Nog sowat 15 mense is beseer. Volgens berigte het die bus, wat oud was en nie 'n vervoerpermit gehad het nie, meer as 45 mense na 'n mark vervoer toe die ongeluk gebeur het. Mense op die toneel meen dis 'n wonderwerk dat daar enige oorlewendes was. |
|
|
Waarheids en Versoeningskommissie vir Zimbabwe |
|
|
|
|
Woensdag, 26 Maart 2008 |
|
Die Zimbabwiese opposisie sê ‘n proses soortgelyk aan Suid-Afrika se waarheid- en versoeningskommissie sal in Zimbabwe nodig wees ná die bewind van president Robert Mugabe. Die bestuurder van die presidentskandidaat, Simba Makoni, se verkiesingsveldtog, Nkosana Moyo, het joernaliste in Johannesburg toegespreek en gesê indien Makoni Saterdag se verkiesing wen, sal hy ‘n regering van nasionale eenheid op die been bring. Sy kabinet sal ook uit lede van die Beweging vir Demokratiese Verandering, die burgerlike samelewing en Mugabe se Zanu-PF party bestaan. Moyo sê Makoni sal ook simpatiekgesind teenoor Mugabe wees net soos wat hy teenoor die voormalige Rhodesiese eerste minister, Ian Smith, was. |
|
|
Krieketnuus: Einde van die eerste dag tussen Suid Afrika en Indië |
|
|
|
|
Woensdag, 26 Maart 2008 |
|
Suid-Afrika het aan die einde van die eerste dag van die eerste toets teen Indië in Chennai 304 vir vier in sy eerste beurt op die telbord gehad. Hashim Amla sal môre sy beurt voortsit op 85 lopies en saam met hom is AB de Villiers met ‘n onoorwonne 10 lopies. Die kolwers wat uit is, is Graeme Smith met 73, Neil McKenzie met 94. Jacques Kallis met 13 en Ashwell Prince met 23 lopies. |
|
|
Suid Afrikaanse vlieënier het moontlik moeilikheid |
|
|
|
|
Woensdag, 26 Maart 2008 |
|
Die Suid-Afrikaanse vlieënier wat deur die polisie in Zimbabwe aangehou word, kan moontlik later vandag op 'n aanklag van bedrog in die hof verskyn. Brent Smythe is in Harare in hegtenis geneem kort voordat hy die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, na verskeie verkiesingsaamtrekke sou vlieg in aanloop tot Saterdag se verkiesing. Smythe se werkgewer, sê die polisie in Harare beplan blykbaar om 'n aanklag van bedrog teen Smythe te lê. 'n Regsverteenwoordiger is aangestel in afwagting op sy moontlike hofverskyning vanmiddag. Volgens die polisie het Smythe in Harare by 'n plek gewoon wat in 'n ander persoon se naam bespreek is. Hy sê die bespreking is deur 'n ander maatskappy gedoen en dat hulle geen beheer gehad het oor wie Smythe se passasiers sou wees of waar hy sou woon nie. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 73 - 81 van 367 |