Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Krieketnuus: Indië het sy eerste beurt begin op dag drie PDF Druk E-pos
Vrydag, 28 Maart 2008

Indië het sy eerste beurt op die derde dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Chennai hervat met die telling op 82 sonder verlies. Suid-Afrika is gister vir 540 lopies uitgehaal wat beteken dat die Indiërs nog 'n agterstand van 458 lopies het.

 

 
Busongeluk in Uganda PDF Druk E-pos
Vrydag, 28 Maart 2008
Veertig passasiers, insluitend vier kinders, is dood in 'n busongeluk in Uganda. Die polisie sê die bus het op Kingo sowat 210 kilometer wes van die hoofstad, Kampala, omgeslaan toe die bestuurder probeer het om 'n ander voertuig verby te steek. Baie van die insittendes het verkool toe die bus aan die brand geslaan het. Tien mense het die ongeluk oorleef.
 
Internasionale joernaliste veroordeel Zimbabwe PDF Druk E-pos
Vrydag, 28 Maart 2008
Internasionale joernaliste het Zimbabwe veroordeel omdat akkreditasie feitlik aan elke groot nuusorganisasie buite die land geweier is om die naweek se presidents- en parlementêre verkiesing te dek. Groot nuusorganisasies soos die BBC, CNN, Associated Press en die New York Times is almal die reg ontsê om die verkiesing te dek, terwyl Sweedse, Franse, Japannese, Spaanse en Duitse media ook nie toegelaat is nie. Die Buitelandse Korrespondente-vereniging van Suider-Afrika wat 192 joernaliste van 22 media-organisasies verteenwoordig sê die Zimbabwiese regering verwerp vrese van verkiesingsbedrog, maar die vraag is waarom hy probeer om die verkiesing weg te hou van die oorgrote meerderheid professionele joernaliste.
 
Krieketnuus: Einde van dag twee tussen Suid Afrika en Indië PDF Druk E-pos
Donderdag, 27 Maart 2008
Indië het sy eerste beurt goed begin en 82 lopies sonder verlies aangeteken op die tweede dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Chennai. Suid-Afrika is vroeër vir 540 lopies uitgehaal.
 
Regsliggaam in Zimbabwe veroordeel aanhouding van Suid Afrikaanse vlieënier PDF Druk E-pos
Donderdag, 27 Maart 2008
Die regsliggaam, "Zimbabwe Lawyers for Human Rights" het die aanhouding van 'n Suid-Afrikaanse vlieënier, wat Dinsdag in Harare in hegtenis geneem is, veroordeel. Die regsliggaam voer aan dat die beskuldigde, Brendon Bridge Smyth binne 48 uur van sy inhegtenisneming in 'n hof moes verskyn. Die kanse bestaan dat Smyth selfs nié vandag in die hof sal verskyn nie. Daar is egter omstredenheid rondom die vlieënier se regte naam. Sy prokureur sê hy is Brendon Bridge, terwyl die Suid-Afrikaanse hoë-kommissaris sê sy naam is Brenton Bridge Smyth.
 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>

Resultate 64 - 72 van 367

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET