Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Kragtige aardbewing vanoggend in die Filippyne PDF Druk E-pos
Saterdag, 29 Maart 2008

‘n Kragtige aardbewing het vroeg vanoggend in die noorde van die Filippyne voorgekom. Amerikaanse en Filippynse seismoloë sê daar was geen berigte van ongevalle of skade nie.

Die skudding, waarvan die episentrum sowat 30 kilometer suid van die Batan-eilande was, het vyf-komma-sewe op die Richterskaal geregistreer.

 
Die stembusse in Zimbabwe het sopas ge-open PDF Druk E-pos
Saterdag, 29 Maart 2008
Die stembusse in die verkiesing in Zimbabwe het sopas ge-open vir die verkiesing. Hoewel dit rustig is in groot dele van die land is daar reeds baie kiesers by sekere stempunte. Kosmos 94.1 se spesiale span in Harare berig dat die belangstelling vir die verkiesing groot is.

In hierdie staduim lyk dit of n groot aantal Zimbabwiers hulle stemme gaan uitbring. Die land se veiligheidsmagte is op ‘n gereedheidsgrondslag, en het gemaan dat geen geweld geduld sal word nie. Kosmos 94.1 begin later vandag met 'n gereelde Zimbabwe-verkiesings-barometer om luisteraars op hoogte hou van die verloop. PM Bolton en Botha Ellis van Kosmos 94.1 is in Harare.

 
Suid-Afrikaners is in Zimbabwe in hegtenis geneem PDF Druk E-pos
Saterdag, 29 Maart 2008

Twee Suid-Afrikaners is in Zimbabwe in hegtenis geneem omdat hulle glo sonder media-akkreditasie in die land was.

Ronnie Mamoepa van Buitelandse Sake  in  Suid Afrika sê dié werknemers van GlobeCast Africa in Johannesburg is Donderdag in Harare gearresteer en word deur die polisie aangehou.

 
VN Kommissie ondersoek dood van voormalige Libanese eerste minister, Rafik Hariri PDF Druk E-pos
Saterdag, 29 Maart 2008
‘n Kommissie van die Verenigde Nasies wat die dood van die voormalige Libanese eerste minister, Rafik Hariri, ondersoek, sê getuienis dui daarop dat ‘n netwerk van mense vir die aanval verantwoordelik was.
Ondersoekbeamptes sê die Hariri-netwerk was moontlik ook by ander dodelike aanvalle in Libanon betrokke.
 
Brandstof skok vir Suid Afrika PDF Druk E-pos
Vrydag, 28 Maart 2008
'n Reuse brandstof skok is in Suid Afrika aangekondig. Petrol styg op 2 April met gemiddeld 66 sent per liter en diesel een rand 30 per liter. Volgens ekonome is brandstof nou oppad na tien rand per liter, as die huidige ongunstige internasionale situasie rakende die olieprys en die wisselkoers voortduur.
 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>

Resultate 55 - 63 van 367

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET