Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Amerikaanse Weermag suksesvol met sateliet PDF Druk E-pos
Donderdag, 21 Februarie 2008
Die Pentagon het aangekondig dat die Amerikaanse Weermag suksesvol was om met 'n taktiese misiel die onklaar sateliet af te skiet. Dr Matie Hoffamn Sterrekundige het met Kosmos 94.1 gesels
 
Rand sak verder terug PDF Druk E-pos
Woensdag, 06 Februarie 2008
Die rand het vanoggend skerp terug gesak toe wêreldsentiment verder verswak het weens vrese oor die Amerikaanse ekonomie. Analiste sê die eenheid het verswak nadat inligting oor ‘n ineenstorting op die nie-vervaardigende ISM-aanwyser opnuut vrese laat toeneem het vir ‘n resessie. Die aanwyser is ‘n aanduiding van die prestasie van die reuse dienste-sektor in Amerika.
 
De Villiers optimisties oor Super 14 PDF Druk E-pos
Woensdag, 06 Februarie 2008
Nuwe Springbokafrigter Peter de Villiers meen drie Suid-Afrikaanse spanne kan vanjaar deurdring na die halfeindronde van die Super 14-reeks. Hy het gister die Stormers toegespreek. De Villiers se optimisme spruit uit die naweek se opwarmingswedstryd tussen die verdedigende kampioen, die Bulls, en die Lions in Windhoek. Daar word berig dat De Villiers se boodskap aan die Stormers was dat vertonings in die Super 14 die belangrikste faktor is vir Springbokkleure en dat almal ‘n gelyke kans het.
 
Beweerde gesteelde vliegtuig ontruim buitelanders uit Tsjad. PDF Druk E-pos
Woensdag, 06 Februarie 2008
'n Suid-Afrikaanse vliegtuig wat by die Randburgse polisie as gesteel aangemeld is, word vermoedelik gebruik om buitelanders uit die oorloggeteisterde Tsjad na Nigerië te vervoer. Die King Air 200 is al gebruik om die Hollywood-akteur George Clooney van Tsjad na Darfoer te vervoer. Dit het egter sedertdien die middelpunt geword van ‘n regsgeding in Suid-Afrika nadat die verkoop daarvan gekanselleer is. Die Suid-Afrikaanse eienaar het gesê hy het die owerhede van Kameroen gister gevra om te verhoed dat die vliegtuig weer opstyg as dit in die land sou land onderweg na Nigerië. 
 
Nog vier Suid-Afrikaners is intussen uit Tsjad ontruim, wat beteken dat nege burgers nou reeds weggeneem is. Franse soldate neem buitelanders uit Tsjad sedert gevegte die naweek uitgebreek het tussen regeringsmagte en rebelle. Ronnie Mamoepa van Buitelandse Sake sê daar is nog drie Suid-Afrikaners in die hoofstad, N’Djamena, maar hulle is in kontak met Suid-Afrika se saakgelastigde in die land, Gert du Preez.
 
Iran toets vuurpyl PDF Druk E-pos
Maandag, 04 Februarie 2008
Nuusagentskappe berig dat Iran 'n toetsvuurpyl afgevuur het. Die Iranse staatstelevisie het die aankondiging gedoen, maar geen beeldmateriaal daaroor is uitgesaai nie. Die vuurpyl word bestempel as 'n toetslopie vir Iran se eerste tuisvervaardigde navorsingsatelliet wat in Maart aanstaande jaar die ruimte ingestuur sal word. Kenners sê die vermoë om 'n satelliet die ruimte in te stuur, sal 'n boodskap aan die Weste uitstuur oor Iran se vordering met missiel-tegnologie.
 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 Volgende > Laaste >>

Resultate 55 - 62 van 62

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET