|
Die Franse rugbyklub, Toulon het Bulls se Bakkies Botha kontrak aan SA Rugby gestuur |
|
|
|
|
Saterdag, 29 Maart 2008 |
|
Die president van die Franse rugbyklub, Toulon, Mourad Boudjellal, sê hulle het ‘n kontrak wat die Bulls se Springbokslot, Bakkies Botha, onderteken het om vir Toulon te speel, aan SA Rugby gestuur. Hy sê hulle wag nou net op die groen lig van Suid-Afrika dat Botha vir dié tweedeliga-klub mag speel. Die kontrak is vir die res van die huidige seisoen en die volgende twee jaar met die opsie van nog ‘n bykomende jaar. |
|
|
Krieket: Suid-Afrika in laaste sessie van die vierde dag van eerste toets teen Indië |
|
|
|
|
Saterdag, 29 Maart 2008 |
|
Krieket: Suid-Afrika het kort gelede in die laaste sessie van die vierde dag van die eerste toets teen Indië in Chennai 65 vir een in sy tweede beurt gehad. Suid-Afrika het ná slegs drie boulbeurte 26 lopies op die telbord gehad nadat Graeme Smith 23 lopies van net 12 balle geslaan het. Hy is egter met die telling op 53 uitgehaal toe hy vir 35 lopies van 30 balle uitgevang is. Indië is vroeër in sy eerste beurt vir 627 lopies uitgehaal vir ‘n eerstebeurt-voorsprong van 87 lopies. Rahul Dravid, wat111 lopies gekry het, het die sesde toetskolwer in die geskiedenis geword wat met 10-duisend lopies kan spog. Brian Lara van die Wes-Indiese Eilande is bo-aan die lys met 11-duisend-953 lopies. Dit was die 35-jarige Dravid se 25ste honderdtal. |
|
|
Springbokke het hulle tweede wedstryd in die Hong Kongse sewestoernooi gewen |
|
|
|
|
Saterdag, 29 Maart 2008 |
|
Die Springbokke het hulle tweede wedstryd in die Hong Kongse sewestoernooi gewen toe hulle Rusland met 48-0 verslaan het. Fabian Juries het drie van die Bokke se agt drieë gedruk. Die Springbokke het gister hulle wedstryd teen Japan met 40-7 gewen. Suid-Afrika kom later vandag teen Argentinië te staan wat Japan met 19-5 geklop het. |
|
|
Crusaders se toets-losskakel, Daniel Carter, sal vir minstens ses weke buite aksie wees |
|
|
|
|
Saterdag, 29 Maart 2008 |
|
Die Crusaders se toets-losskakel, Daniel Carter, sal vir minstens ses weke buite aksie wees nadat hy in gister se Super 14-wedstryd teen die Hurricanes in Wellington ‘n ernstige enkelbesering opgedoen het. Daar is aanvanklik vermoed dat hy sy enkel gebreek het, maar X-strale het geen fraktuur getoon nie. Carter se besering beteken dat hy die res van die Super 14-reeks sal misloop. |
|
|
Volgens berigte is die hoof van die skool op Ermelo, Koos Kruger afgedank |
|
|
|
|
Saterdag, 29 Maart 2008 |
|
Volgens berigte uit Suid Afrika is die hoof van die skool op Ermelo, Koos Kruger afgedank. Kruger was vroeër in die nuus oor sy benadering ten opsigte van Afrikaans as taalmedium by die skool. Hy het glo volgehou met die standpunt en dit het hom in konflik gebring met die Onderwysowerhede.Kruger was nie beskikbaar vir kommentaar oor die berigte van sy afdanking nie. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 46 - 54 van 367 |