|
|
Platinum op sy hoogste vlakke ooit |
|
|
|
|
Donderdag, 21 Februarie 2008 |
|
Die prys van platinum het op Europese markte tot 'n rekord hoogste vlak van twee-duisend-160 dollar per ons gestyg.Die prys van dié edelmetaal het in minder as 'n maand met meer as 40 persent geklim weens kommer oor lae voorraad nadat Eskom se elektrisiteitskrisis tot die ontwrigting van plaaslike mynbedrywighede gelei het. Suid-Afrika is die wêreld se grootste platinumprodusent. |
|
|
Eskom beplan om Zimbabwe kragstasies op te knap |
|
|
|
|
Donderdag, 21 Februarie 2008 |
|
Eskom in Suid Afrika is besig met beplanning om te help om drie termo-kragstasies in Zimbabwe, wat buite werking is, op te knap. In ruil vir die transaksie, sal die helfte van die krag wat by die drie kragstasies in Zimbabwe opgewek word, na Suid-Afrika uitgevoer word.Nuusagentskappe berig in Zimbabwe dat Eskom - deur middel van sy beleggingsmaatskappy, Bay Harbour - sowel as die Botswana Kragmaatskappy en Anglo Platinum daarin belangstel om die Harare, Bulawayo en Munyati kragstasies weer in bedryf te kry. |
|
|
Suid Afrika se Onder-19 krieketspan op die wenpad |
|
|
|
|
Donderdag, 21 Februarie 2008 |
|
Krieketnuus: Suid-Afrika se Onder-19 krieketspan het na die kwarteindrondte van die Wêreldbekertoernooi in Maleisië deurgedring toe hulle Papoea Nieu-Guinee met sewe paaltjies geklop het. Papoea Nieu-Guinee het eerste gekolf en is vir 125 lopies uitgehaal. Suid-Afrika het die telling in 16 beurte vir die verlies van drie paaltjies verbygesteek. Die aanvangskolwer, Peter Malan, het 'n vinnige 56 lopies gemoker.  |
|
Lees verder...
|
|
|
Rugbynuus: Rob Wagner ongelukkig oor die vertoning van skeidsregters in Super 14 |
|
|
|
|
Donderdag, 21 Februarie 2008 |
|
Rugbynuus: Die Besturende Direkteur van die WP Rugby-maatskappy, Rob Wagner, het 'n brief aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gestuur om te kla oor die vertoning van die skeidsregter, Willie Roos, in verlede Saterdag se Super 14-wedstryd tussen die Stormers en die Bulls op Nuweland. Hy het ook 'n beslissing deur die skeidsregterbaas, André Watson, verwerp dat die drie van die Bulls net voor rustyd, wettig was. Wagner sê volgens televisiebeeldmateriaal is dit baie duidelik dat Danie Rossouw op die grond gelê en die bal uit Ricky Januarie se hande geskop het. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 46 - 54 van 62 |