Suid-Afrika is die land met die sewende meeste mense in tronke - meer as baie lande met vyf keer sy bevolking.
Die Suid-Afrikaanse rolstoelatleet Ernst van Dyk het sy tweede marathon in sewe dae gewen met sy sege in Seoel.
Volgens die amptelike uitslag van die Zimbabwiese verkiesing het die MDC-opposisie 'n histories sege oor pres. Robert Mugabe se Zanu-PF behaal.
Die militante groep agter 'n reeks onlangse aanvalle in Nigerië se suidelike oliestreek sê hy het nog 'n pyplyn - die vierde vandeesweek - gesaboteer.
Die hoof van Interpol het gister gewaarsku dat dreigemente van geweld by die Olimpiese Spele in China groter is as wat eers verwag is. Dit kan enigiets van gewelddadige aksies tot grootskaalse aanvalle insluit.