Eskom sê hy wag tans op die regering om sy voorstel oor elektrisiteit rantsoenering goed te keur.Indien Eskom se voorstel goedgekeur word, sal daar van verbruikers verwag word om by vooraf vasgestelde krag- kwotas te bly.
Nagenoeg 800 rugby entoesiaste het die bekendstelling van Jake White se boek…"In Black and White..The Jake White story" in Windhoek bygewoon wat deur Kosmos 94.1 gereel is.
Dit was die meeste mense nog wat die bekendstelling van sy boek bygewoon het.
Vivia Namibia.
Tennis: Die eerste gekeurde Roger Federer van Switserland is deur na die kwarteindronde van die Australiese Ope in Melbourne.
'n Nuwe Suid-Afrikaanse lugdiens -- Redair -- het volgens berigte die regte verkry om vyf retoervlugte per week van Kaapstad of Durban na Stansted in Brittanje te onderneem.