|
Angelina en Brad verwag hulle tweede baba |
|
|
|
|
Dinsdag, 26 Februarie 2008 |
|
Die Hollywood paartjie, Angelina Jolie en Brad Pitt, verwag hulle tweede baba. Volgens berigte het Jolie saam met Pitt by die Independent Spirit Toekennings opgedaag in ‘n swart rok wat duidelik haar baba boepie gewys het. Die paartjie is na bewering in die wolke oor die nuus en kan nie wag vir die geboorte van die nuutste toevoeging tot hulle kroos nie. Angelina en Brad, is ook die ouers van ‘n aangeneemde Kambodjaanse seun, Maddox, wat ses is, ‘n Vietnamese seuntjie Pax, wat 4 jaar oud is, die drie-jarige Ethiopiese dogtertjie, Zahara en hulle biologiese meisiekind Shiloh, wat in Namibië gebore is in Mei 2006. |
|
|
|
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 Volgende > Laaste >>
|
| Resultate 28 - 36 van 62 |