Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Duitse Afvaardiging na Namibië PDF Druk E-pos
Vrydag, 25 Januarie 2008

‘n 14-lid Afvaardiging van die Duitslande Parlement, die Duitse Ministerie van Verdediging en die Duitse Ministerie van Finansies kom vandag in Namibië aan vir ‘n weeklange besoek. Die hoofdoel van die besoek is om die verskillende bystands-projekte van die Duitse regering aan die Namibiese regering te evalueer. Die projekte sluit in Militêre toerusting van Duitsland aan Namibië ter waarde van ongeveer N$130 miljoen. Die afvaardiging sal ook samesprekings voer met hooggeplaasdes van die Namibiese Parlement waarna hulle ook sal reis na Walvisbaai, Okahandja en
Grootfontein.

 
Moontlike NBC Staking PDF Druk E-pos
Vrydag, 25 Januarie 2008
Berigte lui dat die ‘n gedeelte van die NBC, die Namibiese Uitsaai Korporasie, se personeel eerskomende Dinsdag gaan staak. Die personeel is skynbaar ongelukkig oor die beweerde binne-politiek in die korporasie en voortdurende luisteraar- en kyker-ongelukkigheid oor die korporasie se programme. Die NBC se waarnemende Direkteur Generaal, Ruben Prinz, se hulle het wel ‘n kennisgewing oor die beplande staking ontvang. 

 

 
Krieket: Australië teen Indië PDF Druk E-pos
Vrydag, 25 Januarie 2008
Krieket:  Australië het aan die einde van die tweede dag van die vierde toets teen Indië in Adelaide 62 sonder verlies in sy eerste beurt op die telbord gehad.Indië is vroeër in sy eerste beurt vir 526 lopies uitgehaal.Sachin Tendulkar het 153 lopies gekry en Anil Kumble 87.

Mitchell Johnson het vier paaltjies vir 126 lopies gekry en Brett Lee drie vir 101.

 
Krieket : Australië teen Indië PDF Druk E-pos
Vrydag, 25 Januarie 2008

Krieket:  Australië het aan die einde van die tweede dag van die vierde toets teen Indië in Adelaide 62 sonder verlies in sy eerste beurt op die telbord gehad.

 

Indië is vroeër in sy eerste beurt vir 526 lopies uitgehaal.Sachin Tendulkar het 153 lopies gekry en Anil Kumble 87.


Mitchell Johnson het vier paaltjies vir 126 lopies gekry en Brett Lee drie vir 101.

 
Agtien dood in trein ongeluk in Sjina PDF Druk E-pos
Vrydag, 25 Januarie 2008

Agtien mense is dood en nog nege beseer toe 'n sneltrein in die ooste van Sjina tussen 'n groep spoorwegwerkers ingeploeg het.

 

Die ongeluk het Woensdagnag tydens swaar sneeu gebeur terwyl die werkers aan die spoorlyn gewerk het. 

 

Volgens die amptelike Sjinese nuusagentskap het die trein teen 120 kilometer per uur geloop toe die ongeluk plaasgevind het.

 
<< Eerste < Vorige 1 2 3 4 5 Volgende > Laaste >>

Resultate 28 - 36 van 43

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET